Gerrie van Heerden
Ek het vandag ‘n portrait shoot met my groot musiek vriend Gerrie van Heerden gehad. Die doel was om fotos te neem vir sy nuwe website. Die lekkerte van so ‘n shoot is dat ek kon doen wat ek wil, dat daar geen pretensies is nie, maw. dat ek eintlik niks reg hoef te doen nie want ek hoef niemand te beindruk met die fotos nie en dat ek geen reëls hoef te volg van derdes en lyne wat in en uit loop en ek weet nie wat se stront alles nie.
Ek glo net aan een reël in fotografie en dit is gevoel. As ‘n foto gevoel het is hy reg en as hy dit nie het nie, al is al die belaglike reëls wat fotografie studente vir drie jaar moet leer, nagekom dan drag jy daai oulike,pragtige kiekie so vinnig as moontlik in die asblik in want hy beteken absoluut niks nie behalwe, ja daar is altyd ‘n behalwe en dit is as daar ‘n kliënt betrokke is wat betaal en verwag dat jy tegnies korrekte fotos moet verskaf afgesien of dit enige gevoel hoegenaamd besit of nie, om die waarheid te sê jy sal nog gevra word om ‘n sekere deel van die foto kleur te hou en die res swart en wit te maak en dalk om een of ander belaglike border om die foto te plaas en dit vir goed op te neuk.
Ek moet noem dat Gerrie een van die mees begaafste musikante is wat ek nog gesien, ontmoet het en natuurlik saam mee gespeel en gegig het. Jammer hy bly in ‘n land waar kommersiele musiek absoluut oorhersend is.
Thanks Gerrie dat ek vir ‘n slag fotos kon neem net soos ek dit sien.