Superimage Media's Weblog

Month: December, 2008

2008

Ek wil almal bedank wat my in 2008 ondesteun het.  Aan almal wat my blog gelees,wat my toegelaat het om van hulle fotos te neem,wat soveel geld spandeer het aan aksie fotos tydens toernooie waarby ons betrokke was en sommer net almal wat met my nice was gedurende die jaar.  Aan julle wil ek veskriklik dankie sê want sonder julle sou ons defnitief nie 2008 deurgemaak het nie.

Ek sien baie uit na 2009 en dink dit gaan ‘n baie interesante jaar wees met baie veranderings op alle gebiede. Hou hierdie blogsite dop vir interesante poste oor trou,portret,kos en sport fotografie. Veral troufotografie gaan ek in die begin van 2009 opbreek en in fases veduidelik hoe dit benader moet word. Vir die wat nie weet nie ek het al meer as 400 troues oor die laaste vyftien jaar gedoen.

In 2009 vind die konfederasie sokker plaas waarvan ek ‘n paar wedtryde gaan cover.  Die Britse leeus kom na SA en dan is daar die drienasie rugby met ‘n toets teen die All Blacks in Bloemfontein.  In Maart maand doen ons feitlik al die groot Swem galas en ook die SA skole atletiek byeenkomste. In die lig gesien van al die groot junior toernooie wat vanaf begin Maart tot helfde April in SA plaasvind beteken dit dat ons ongeveer 60% daarvan gaan doen.

Laastens ‘n geseënde kersfees en voorspoedige 2009 vir julle almal.

Groete

Gerhard

Die Vlak van Fotografie

Aangesien ek eintlik afrikaans en my self dus beter kan uitdruk in afrikaans het ek besluit om die pos in afrikaans te skryf.

Voor die einde van 2008 aanbreek is daar ‘n paar dinge wat ek van my hart af moet kry sodat ons 2009 skoon kan begin.

Die vlak van fotografie in Bloemfontein

Soos julle seker weet is Bloemfontein ‘n baie klein stadjie in die middel van Suid Afrika. Soos enige dorp het Bloemfontein ook ‘n paar fotograwe(so om en by 200) wat ‘n lewe probeer maak uit ‘n populasie uit waar die gemiddelde inkomste van defnitief nie die hoogste in Suid Afrika is nie. Dit opsigself maak dit al klaar baie moeilik, maar dan kry jy nog die tipe fotos of kwaliteit van fotos wat die manne(en vroue) probeer neem wat defnitief nie naastenby op standaard is nie.  Nou sal julle sekerlik wil weet wat gee my die reg om so iets te skryf. Wel ek dink nie ek is veel beter  as enige van die ander 200 nie maar ek het wel twee groot oë gekry waarmee ek kan kyk en wragtig; ek het nog nooit so ‘n klomp een ogige konings bymekaar gesien nie.

As jy my nie glo nie, wel daar is so iets soos internet met duisende fotograwe van reg oor die wereld se werk wat jy kan gaan besigtig en as jy dit doen sal jy gou gou agterkom dat ons hier in Blommies so ver agter is dat ons eitlik dink ons is voor, soos ons wel doen.

Nou vir die oplossing.  Erken jou werk is nog nie op standaard nie, gaan kyk na ‘n paar fotograwe se werk en begin weer om iets nuuts te leer deur te lees en dit prakties toe te pas. Jy kan begin met ‘n boek van Joe Mc ‘Nally; ” The moment it clicks” , wat orals beskikbaar is. Dan kan jy nog manne gaan google soos Dave Black, Bob Martin, Bob Rosato, Brad Mangin om net ‘n paar op te noem.

Dalk sal ek vgl jaar die tyd my woorde sluk wat baie nice sal wees want sodra die vlak van fotografie hier vebeter sal my fotografie ook lig. Daarvan is ek doodseker.

Gerhard

http://www.supermedia.co.za

The Magic of Rear Curtain Flash

These days almost all the modern SLR digital cameras got a setting where one can choose between front curtain flash and rear curtain flash. It is just a pity that such a few people know what this stands for. Okay in short this is what it is suppose to be.

Say your shutter on your camera is set on 1/125sec. If you are using flash the speed that the flash flashes is normally somewhere between a 1/30000 sec and a 1/40000 sec.  That mean that the flash only flashes during a very short time during the exposure of 1/125 sec. Now you can choose if you want the flash to flash in the beginning of the shutter opening or at the end.

If you using a long shutter opening like the photo below (1/8 sec.) and you set the flash to flash at the end of the shutter opening you going to get some blur or movement in your photo and the flash will freeze the movement at the end.  In this case the blur will behind the part that have been freezed by the flash.

If the flash flashes in the beginning it will freeze the movement and then you will have some blur in front of the freezed part which will look unnormal.

One can get really nice effects with sport photography but can use it with anything. Play around with the shutter speed till you find what is working for the specific subject you are shooting.

I shoot the photo below on 5 December 2008 at a wedding with the flash setting on rear curtain flash and the shutter speed was set on 1/8 sec. If you look at the hands of the guy you will notice that the blur is behind his hand. If the flash setting was on normal or front curtain the blur would have been in the front.

004_9746blog

 Gerhard