Superimage Media's Weblog

Tag: Fotograaf

Gerrie van Heerden

Ek het vandag ‘n portrait shoot met my groot musiek vriend Gerrie van Heerden gehad. Die doel was om fotos te neem vir sy nuwe website. Die lekkerte van so ‘n shoot is dat ek kon doen wat ek wil, dat daar geen pretensies is nie, maw. dat ek eintlik niks reg hoef te doen nie want ek hoef niemand te beindruk met die fotos nie en dat ek geen reëls hoef te volg van derdes en lyne wat in en uit loop en ek weet nie wat se stront alles nie.

Ek glo net aan een reël in fotografie en dit is gevoel. As ‘n foto gevoel het is hy reg en as hy dit nie het nie, al is al die belaglike reëls wat fotografie studente vir drie jaar moet leer, nagekom dan drag jy daai oulike,pragtige kiekie so vinnig as moontlik in die asblik in want hy beteken absoluut niks nie behalwe, ja daar is altyd ‘n behalwe en dit is as daar ‘n kliënt betrokke is wat betaal en verwag dat jy tegnies korrekte fotos moet verskaf afgesien of dit enige gevoel hoegenaamd besit of nie, om die waarheid te sê jy sal nog gevra word om ‘n sekere deel van die foto kleur te hou en die res swart en wit te maak en dalk om een of ander belaglike border om die foto te plaas en dit vir goed op te neuk.

Ek moet noem dat Gerrie een van die mees begaafste musikante is wat ek nog gesien, ontmoet het en natuurlik saam mee gespeel en gegig het. Jammer hy bly in ‘n land waar kommersiele musiek absoluut oorhersend is.

Thanks Gerrie dat ek vir ‘n slag fotos kon neem net soos ek dit sien.

Gerhard

Advertisements

Wat gebeur – 2010

2010? Wel ons is nog aan die gang en besig. Op die oomblik met al die junior swem en atletiek byeenkomste tot einde Maart. In April doen ons die Nasionale Swem kampioenskappe in Durban.

Einde April en Mei maand bied ek ‘n basies en gevorderde fotografie kursus aan. Die aanvraag is ongelooflik en ons moet reeds ‘n tweede klas aanbied vir die basiese kursus.

Met die internasionale sport en ook op provinsiale vlak vat ek dit ‘n bietjie kalmer as in 2009. Die eenvoudige rede is dat die mark vir die fotos net te beperk is in SA soos ek alreeds verduidelik het in vorige posts. Ek doen wel ‘n paar super 14 wedstryde vir  Sportzpics en Photosport in NZ in die nabye toekoms en sal dan sien wat later die jaar gebeur.

Op die trou front lyk dit baie goed en die bookings vir die res van die jaar lyk goed en tel nog steeds op.

Ons het gister Sentraal Hoërskool se Top 20 Atletiek byeenkoms gedoen en moet sê dit was ongelooflike atletiek met van die land se beste junior atlete teenwoordig.  Hier ‘n hekkie foto wat ek geneem het tydens die byeenkoms.

Gerhard

My Porfolio

Mathys

Foto van Mathys my Boerboel kind. Weeg in op 80kg plus met ‘n verskriklike groot kop en ‘n baie klein hartjie. Seker maar goed so.

Geneem met ‘n Nikon D3 en ‘n Nikon 300mm F2.8. Sekerlik my gunsteling lens as dit kom by portrette.

Settings;

Shutter: 1/250

F-Stop: 3.5

ASA: 400

Gerhard